Voëlklub pak die piekniekmandjies vir Dome Inn se voëlskat
Voëlklub pak die piekniekmandjies vir Dome Inn se voëlskat
Feathers-voëlklub in Parys nooi alle belangstellendes uit om hul eerste byeenkoms vir 2019 op Donderdagaand, 21 Februarie om 18:30 by Sally Martin Park se saal by te woon. Colin Hamilton sal by die geleentheid praat oor voëls wat hul onlangs gesien het, en sy foto’s kom wys.

Op Saterdag, 23 Februarie gaan die klub Dome Inn op die Koppieskraalpad besoek. Belangstellendes sal om 06:30 vanaf PnP se parkeerterrein vertrek vir die besoek. Almal wat belangstel in ons voëlskat en wat hier om Parys te siene is, is welkom om saam te gaan. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam.
Lidmaatskap van die klub gee lede die geleentheid om gereeld op uitstappies te gaan en om plekke in die omgewing te sien wat hul andersinds nooit by sal kom nie.
Kom woon gerus Donderdagaand se byeenkoms by of skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.




