Nege huiskomitee-lede van Caput manskoshuis wat na ń beweerde ontgroeningspraktyk geskors is, is finaal terug in hulle posisies.
Volgens Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie van die NWU, is ń tugverhoor Vrydag (8 Februarie) afgehandel.
“Omdat die Kampus studenteraad reeds ń verbale waarskuwing aan die HK-lede gegee het, het die dissiplinêre komitee besluit dat geen verdere stappe teen die HK-lede geneem sal word nie,” het Jacobs in ń verklaring gesê.
Die HK-lede is voorlopig geskors na verwarmers glo in die koshuis se ontspanningsaal aangeskakel was, terwyl hulle met ń groep eerstejaars gepraat het.
Kort na die voorval is die skorsing opgehef, maar die universiteit het daarna besluit om met ñ tugverhoor aan te gaan.