VANDERBIJLPARK. – ‘n Jong man is gistermiddag, Saterdag 9 Februarie dood toe hy met sy motorfiets in ‘n ongeluk betrokke was.
Andrè Loggenberg, lid van die Gypsey Jokers motorfietsklub het sy lewe verloor toe hy met sy Honda gistermiddag in die rigting van Vanderbijlpark op die Barrageweg (R54) teen die bakkie gebots het.
Netcare 911, ER24 en die Barrage Polisie was op die toneel. Die saak word deur die polisie ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




