NewsNews

Bakleiery op Bult oor petrolgeld

Bakleiery op Bult oor petrolgeld

Potchefstroom – ‘n Bakleiery het Donderdagaand (7 Februarie) omstreeks 20:00 by ‘n petrolstasie op die Bult i Potchefstroom ontstaan nadat ‘n man vir sy petrol met kleingeld wou betaal.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die maatskappy ‘n panieksein ontvang waarna hulle na die perseel gereageer het.

“Die polisie was ook op die toneel gewees,” het Haefele gesê.

Volgens hom wou ‘n man met kleingeld vir die petrol wat in sy voertuig getap was betaal. Die petroljoggie wou dit nie aanvaar nie waarna ‘n bakleiery tussen die twee mans ontstaan het.

Die polisie het die twee mans na die polisiestasie geneem om die probleem daar te probeer oplos.

ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê dat sy op ‘n latere stadium ‘n verklaring oor die voorval sal uitreik.

Related Articles

Back to top button