NewsNews

Bakleiery op Bult oor petrolgeld

Bakleiery op Bult oor petrolgeld

Potchefstroom – ‘n Bakleiery het Donderdagaand (7 Februarie) omstreeks 20:00 by ‘n petrolstasie op die Bult i Potchefstroom ontstaan nadat ‘n man vir sy petrol met kleingeld wou betaal.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die maatskappy ‘n panieksein ontvang waarna hulle na die perseel gereageer het.

“Die polisie was ook op die toneel gewees,” het Haefele gesê.

Volgens hom wou ‘n man met kleingeld vir die petrol wat in sy voertuig getap was betaal. Die petroljoggie wou dit nie aanvaar nie waarna ‘n bakleiery tussen die twee mans ontstaan het.

Die polisie het die twee mans na die polisiestasie geneem om die probleem daar te probeer oplos.

ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê dat sy op ‘n latere stadium ‘n verklaring oor die voorval sal uitreik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button