
Nagenoeg 50 mense het Saterdag 2 Februarie ’n gebedsmars (Prayer Walk) in Vredefort ondersteun waar onder meer gebid is vir eenheid, werkskepping, armoede en die watersituasie in die dorp en land.

Deelnemers het in Voortrekkerstraat voor die ou lisensiekantore (R721) in Vredefort bymekaar gekom vanwaar daar tot by Waterstraat gestap is.
Enigeen kon deelneem aan die gebedsmars wat deur Nicky en Norma de Lange georganiseer is. Die De Langes vertel dat die Here hulle in 2017 geroep het om die Woord in die gemeenskap van Vredefort te bedien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



