’n Veiligheidshuis waar verwaarloosde en mishandelde kinders onder die ouderdom van 12 jaar onmiddellik gehuisves kan word en die nodige liefde en versorging sal kry, is nou ’n werklikheid vir die gemeenskappe van Parys en Vredefort.
’n Perseel vir dié doel is gratis deur ’n weldoener aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) beskikbaar gestel.
Op hierdie stadium is daar egter geen fasiliteite op die perseel waar hierdie kinders wat deur maatskaplike werkers of die polisie verwyder sou word, met die nodige liefde versorg kan word nie.
Daarom is elke gemeenskapslid in Parys en Vredefort nodig om te help met insette en raad en daad om hierdie veiligheidshuis te laat realiseer.
Vanaand, Donderdag 7 Februarie om 17:30 vir 18:00 sal daar by VVA se kantoor in Buitenstraat gesels word oor onder meer die doel en begroting vir die veiligheidshuis en die kies van ’n bestuur.
As jy betrokke wil wees, kan help, of enige idees het, woon asseblief die vergadering by of skakel Sanette Boonzaier by 079 324 0603. ‘n E-pos kan ook gestuur word na vvaparys@telkomsa.net
You can read the full story on our App. Download it here.