NewsNews

NGWATHE KRY SWAKSTE MOONTLIKE OUDITOPINIE

NGWATHE KRY SWAKSTE MOONTLIKE OUDITOPINIE

Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se geldsake het dramaties verswak gedurende  die mees onlangse boekjaar  (tot 30 Junie verlede jaar).  Vir die derde agtereenvolgende jaar het Ngwathe nou  ‘n swakker ouditeursopinie  as in die vorige jaar ontvang.

Dit blyk uit Ngwathe se Jaarverslag, wat, tesame met die jaarstate en Ouditeur-generaal (OG) se opinie,  verlede Donderdag  deur burgemeester Joey Mochela tydens ‘n raadsvergadering  in Parys ter tafel gelê is.

“Die Ouditeur-generaal se opninie is ‘n sogenaamde ‘weerhouding’,  wat die swakste moontlike oudituitkoms vir ‘n munisipaliteit is, “ sê  DA-raadslid Arnold Schoonwinkel.

Hy sê die rede is o.m dat geeneen van die  26 kwelpunte  wat die OG in die vorige boekjaar uitgewys het  intussen verbeter het nie.

“Trouens, nege areas het  verder verswak.”   Hy noem die agterstallige skuld aan Eskom as voorbeeld: dit het met R183m toegeneem, na R932m verlede Junie.   “Dis nou waarskynlik digby R1 miljard, hoewel raadslede  eenvoudig nie weet nie.”

Die Jaarverslag  lê tans by biblioteke, munisipale kantore, en die munisipale webtuiste ter insae, waar  belastingbetalers dit kan inspekteer.

Raadslid Andries Vrey (  Wyk 12) gaan ‘n openbare vergadering  belê, vir verdere inligting, en vrae en voorstelle vanaf die publiek.  Hy sê die publiek het die reg om kommentaar te lewer.

Hy het sy wykskiesers  reeds verlede week op WhatsApp ingelig dat die nettoverlies vir die boekjaar R188m bedra.

Die munisipale oorsigkomitee oor die Jaarverslag gaan ook met die OG vergader om probleemareas te bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button