Skooltragedie: Loopbrug met tydelike staalstrukture gestut
Die loopbrug by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark is intussen met tydelike staalstrukture gestut om te keer dat die brug verder ineenstort.Dit nadat ‘n oorhoofse betonpaneel van die brug wat twee van die skool se geboue met ‘n gang verbind, vanoggend ineengestort het. Daar is reeds bevestig dat minstens drie leerlinge gesterf het in die onbeskryflike tragedie. Een …
Die loopbrug by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark is intussen met tydelike staalstrukture gestut om te keer dat die brug verder ineenstort.Dit nadat ‘n oorhoofse betonpaneel van die brug wat twee van die skool se geboue met ‘n gang verbind, vanoggend ineengestort het.
Daar is reeds bevestig dat minstens drie leerlinge gesterf het in die onbeskryflike tragedie. Een en twintig is beseer van wie sommige in ‘n kritieke toestand. Verskeie nooddienste het hulp op die toneel verleen en is van die beseerdes ook met noodhelikopters van die skoolterrein vervoer.
Dringende navrae rondom Hoërskool Driehoek leerders wat nog nie met hul ouers kontak gemaak het nie, kan gerig word aan die volgende noodnommers:
072 270 1937
082 566 1932
072 594 9028



Die skool is intussen gesluit en sal hoë prioriteit aan traumaberading gegee word.
Kort na die voorval het leerlinge van onder meer Hoërskool Dr. Malan ‘n gebedskring gevorm om vir ouers, onderwysers en leerlinge van Hoërskool Driehoek te bid.

Daar is ook op sosiale media gevra dat mense vanaand om ongeveer 18:00 in Ackermanstraat by Hoërskool Driehoek sal bymekaar kom om kerse aan te steek en te bid vir hulle wat deur hierdie tragedie geraak is.
Ons innige medelye met elke leerling, ouer, onderwyser en die gemeenskap van Vanderbijlpark wat diep geraak is deur vanoggend se gebeure.



