NewsNews

Skooltragedie: Loopbrug met tydelike staalstrukture gestut

Die loopbrug by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark  is intussen met tydelike staalstrukture gestut om te keer dat die brug verder ineenstort.Dit nadat ‘n oorhoofse betonpaneel van die brug wat twee van die skool se geboue met ‘n gang verbind, vanoggend ineengestort het. Daar is reeds bevestig dat minstens drie leerlinge gesterf het in die onbeskryflike tragedie. Een …

Die loopbrug by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark  is intussen met tydelike staalstrukture gestut om te keer dat die brug verder ineenstort.Dit nadat ‘n oorhoofse betonpaneel van die brug wat twee van die skool se geboue met ‘n gang verbind, vanoggend ineengestort het.

Daar is reeds bevestig dat minstens drie leerlinge gesterf het in die onbeskryflike tragedie. Een en twintig is beseer van wie sommige in ‘n kritieke toestand. Verskeie nooddienste het hulp op die toneel verleen en is van die beseerdes ook met noodhelikopters van die skoolterrein vervoer.

Dringende navrae rondom Hoërskool Driehoek leerders wat nog nie met hul ouers kontak gemaak het nie, kan gerig word aan die volgende noodnommers:

072 270 1937

082 566 1932

072 594 9028

Die loopbrug wat nou met tydelike staatstrukture gestut is om te keer dat dit verder ineenstort.

 

Die skool is intussen gesluit en sal hoë prioriteit aan traumaberading gegee word.

Kort na die voorval het leerlinge van onder meer Hoërskool Dr. Malan ‘n gebedskring gevorm om vir ouers, onderwysers en leerlinge van Hoërskool Driehoek te bid.

Daar is ook op sosiale media gevra dat mense vanaand om ongeveer 18:00 in Ackermanstraat by Hoërskool Driehoek sal bymekaar kom om kerse aan te steek en te bid vir hulle wat deur hierdie tragedie geraak is.

Ons innige medelye met elke leerling, ouer, onderwyser en die gemeenskap van Vanderbijlpark wat diep geraak is deur vanoggend se gebeure.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button