NewsNews

Noodsituasie by Vanderbijl-skool: Gee noodvoertuie kans om te kan beweeg

Noodsituasie

Motoriste word baie dringend gevra om die paaie tussen Medi Clinic en Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark  te vermy om nooddienste kans te gee om te kan beweeg. Dit raak veral Ramsbotton Straat, Piet Retief Boulevard en Frikkie Meyer Boulevard vanaf Piet Retief tot by die R42 kruising met Frikkie Meyer Boulevard in Vanderbijlpark.

Daar is tans ‘n ernstige noodsituasie by Hoërskool Driehoek met ‘n oorhoofse struktuur wat vanoggend ongeveer 08:30 ineen gestort het.

 

Alle nooddienste is op die toneel. Ouers met leerlinge in die skool is gevra om nie die skool te skakel nie, sodat die telefoonlyne oopgehou kan word. Ouers wie se kinders deur die voorval geraak is, word self deur die skool gekontak.

Related Articles

Back to top button