NewsNews

Geen permitaansoeke in Noordwes om flaminke te red nie

Die lot van Flaminkkuikens het die hele land se aandag getrek. Verskeie mense regoor die land het aangebied om van die kuikens in te neem.

 

Die droogte en stukkende toevoerpype van die Sol Plaaitjie Munisipaliteit het na die krisis gelei. Duisende flaminke is in gevaar omdat daar nie genoeg water in die dam is nie.

Terwyl die res van die land hand bygesit het, het dit gelyk asof niemand in Noordwes gehelp het nie.

Daar was egter kommentaar op sosiale media, asook volgens verskeie bronne wat die Herald gekontak het, dat die Noordwes departement van landelike, omgewing en landbou-ontwikkeling, weier om vervoerpermitte aan mense toe te staan wat die flaminkkuikens na dié provinsie wou bring. Inwoners van veral Potchefstroom het op sosiale media gal gebraak oor die departement se gebrek aan samewerking.

Volgens Emelda Setlhako, direkteur van korporatiewe kommunikasie, is die departement meer as bereid om die proses vir enige persoon of instansie te bespoedig om die nodige permitte te kry.

Volgens haar is daar egter wetgewing waaraan voldoen moet word. Die persoon of instansie wat aansoek doen vir die permitte moet ook deur die departement erken en goedgekeur word in terme van die Noordwes Natuurbewaringsordonnansie 12/1983 Artikels 39 en 41.

“Ons het van die begin af die situasie in die Noord-Kaap dopgehou, maar ons het nog geen aansoeke vir die nodige permitte gekry nie,” het Setlhako gesê.

Die aansoeke om permitte kan op die departement se webtuiste voltooi word. Alternatief kan mense die direkteur van die department, mnr. Jonathan Denga, by 018 389 5535 skakel vir meer inligting.

Teen tyde an publikasie was meeste van die kuikens egter al uit die Noord–Kaap na ander provinsies geneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button