NewsNews

Dankie, dankie, dankie… vir reën

'n Gemeenskap kom sê dankie.

Dankbaarheid.

Dit is wat leef in die harte van mense in die Parys en Vredefort-distrikte, want  as jy om jou kyk is dit groen. Soveel anders as in groot dele van die land wat wurg onder die ergste droogte in jare.

En vandag, Woensdag 30 Januarie,  is die hoofde gebuig in  dankbaarheid en verootmoediging op die Vredefort Sportgronde. Dankbaarheid vir milde reën. Parys het verlede Sondag alleen 46mm reën gehad, terwyl meer as 40mm toe in Vredefort gemeet is, en op plekke by Schoemansdrift selfs meer as 170mm reën.

Andries Enslin by die Dankdag vir reën wat vandag, Woensdag 30 Januarie, in Vredefort gehou is.

 

Die Dankdag  is gefasiliteer deur die Koepel Boerevereniging met Andries Enslin as prediker.

Die Dankdag het gevolg na ‘n vroeëre geleentheid waar gebid is vir reën by die Vredefort Sportgronde Op dieselfde dag as wat die Biddag gehou was het reën oor dié distrik geval.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button