Dankbaarheid.
Dit is wat leef in die harte van mense in die Parys en Vredefort-distrikte, want as jy om jou kyk is dit groen. Soveel anders as in groot dele van die land wat wurg onder die ergste droogte in jare.
En vandag, Woensdag 30 Januarie, is die hoofde gebuig in dankbaarheid en verootmoediging op die Vredefort Sportgronde. Dankbaarheid vir milde reën. Parys het verlede Sondag alleen 46mm reën gehad, terwyl meer as 40mm toe in Vredefort gemeet is, en op plekke by Schoemansdrift selfs meer as 170mm reën.


Die Dankdag is gefasiliteer deur die Koepel Boerevereniging met Andries Enslin as prediker.
Die Dankdag het gevolg na ‘n vroeëre geleentheid waar gebid is vir reën by die Vredefort Sportgronde Op dieselfde dag as wat die Biddag gehou was het reën oor dié distrik geval.




