
Die kuns van plakboek maak is Saterdag op “Nasionale Scrap-dag” ook deur Parysenaars gevier saam met honderde geesdriftiges van dié stokperdjie in 40 dorpe regoor die land, tot sover as Namibië en Zimbabwe.
Die dag word jaarliks aangebied met nagenoeg 1 600 dames landwyd wat verlede jaar die dag gevier het.
Scrapbook winkels word aangemoedig om ‘n spesiale byeenkoms vir die dag te reël waar daar ’n projek gedoen word om dames wat liefhebbers van die stokperdjie is, bymekaar te bring en te bederf.

Dit was vanjaar die tweede jaar dat Scrap & Chat in Parys deelgeneem het.
Geen moeite is ontsien om die dag vir die dames wat deelgeneem het, onvergeetlik te maak nie. Hul tema was “Hats or Roses” wat as ‘n multi-blad uitleg aangebied is. Dit was voorwaar ‘n dag om nog lank te onthou!




