NewsNews

Redes vir huiskomiteelede se skorsing nog duister

Redes vir huiskomiteelede se skorsing nog duister

Die presiese redes vir die onlangse skorsing van nege van die tien huiskomiteelede van ‘n manskoshuis op die Potchefstroomkampus van die NWU, is nog duister.
Volgens Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie, het die universiteit bewus geword van ’n voorval waar lede van ’n huiskomitee glo nie hulle verantwoordelikhede nagekom het op ’n manier wat aan die waardes van die NWU voldoen nie. Hulle is voorlopig uit hul posisies geskors, hangende die uitkoms van die ondersoek. “n Interimkomitee is aangestel om hulle verpligtinge oor te neem,” het Jacobs gesê.

Die Herald, Gazette se susterskoerant, het verskeie bewerings oor wat gebeur het probeer bevestig, maar kon teen druktyd nie daarin slaag nie. By verdere navrae het Jacobs gesê die universiteit gaan nie besonderhede oor die beweerde oortredings bekend maak nie, aangesien die ondersoek nog voortduur. Hy het beklemtoon dat die nege studente slegs voorlopig uit hulle posisies geskors is, en nie uit die koshuis of die universiteit nie.
Jacobs sê studente word steeds herinner aan die SMS-lyn wat hulle kan gebruik om enige saak of grief onder die aandag van die universiteit te bring.
“Ons bevestig dat die bestuur verantwoordelik en aanspreeklik bly vir die R en O-program en die program deurlopend noukeurig sal moniteer,” het Jacobs gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button