NewsNews

Vrywilligers maak skoon waar graffiti-vandale verniel

Gewillige hande wat ’n verskil gemaak het.

Die spreekwoord lui – net gekke en dwase skryf op mure en glase…en dalk ook stene.
Verlede week het vrywilligers van We Care die swart graffiti letters op die granietsteen by een van die ingange van die dorp opgemerk, en dadelik besluit om plan te maak.
Nie net heet die steen al vir jare besoekers aan die dorp welkom nie, maar is die pienk graniet eie aan die dorp.

Dit was die eindresultaat nadat selfs die letterwerk op die steen weer opgeknap is. Op die foto is van die We Care vrywilligers wat gehelp het.

Wynand Nel, Stef Bam, Jean Els, Gerdus Smit en Emil Schutte, het in hul etensuur die steen gaan skoonmaak. Toe die steen uiteindelik skoon was, is gesien dat die letterwerk ook al dof is, en het hulle selfs die verfwerk van die letters op die steen weer opgeknap.
Gewillige hande wat ’n verskil gemaak het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button