NewsNews

Raadslid in sy huis oorval

‘n VF Plus-raadslid van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) in Gauteng is gisteroggend in sy huis in Vanderbijlpark deur drie gewapende rowers aangehou terwyl hulle na juwele, geld en vuurwapens gesoek het. Raadslid Christo Smith was in sy waskamer besig toe die rowers die huis binne storm en hom vasbind. Een …

‘n VF Plus-raadslid van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) in Gauteng is gisteroggend in sy huis in Vanderbijlpark deur drie gewapende rowers aangehou terwyl hulle na juwele, geld en vuurwapens gesoek het.

Raadslid Christo Smith was in sy waskamer besig toe die rowers die huis binne storm en hom vasbind.

Een van die rowers het die hele tyd by hom gebly terwyl die res elektriese ware, juwele en eetgerei na hul motor, wat hulle in Smith se motorhuis geparkeer het, gedra het.

Die booswigte het hulle as munisipale werkers voorgedoen om sodoende toegang tot die meenthuiskompleks te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button