NewsNews
Raadslid in sy huis oorval
‘n VF Plus-raadslid van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) in Gauteng is gisteroggend in sy huis in Vanderbijlpark deur drie gewapende rowers aangehou terwyl hulle na juwele, geld en vuurwapens gesoek het. Raadslid Christo Smith was in sy waskamer besig toe die rowers die huis binne storm en hom vasbind. Een …
‘n VF Plus-raadslid van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) in Gauteng is gisteroggend in sy huis in Vanderbijlpark deur drie gewapende rowers aangehou terwyl hulle na juwele, geld en vuurwapens gesoek het.
Raadslid Christo Smith was in sy waskamer besig toe die rowers die huis binne storm en hom vasbind.
Een van die rowers het die hele tyd by hom gebly terwyl die res elektriese ware, juwele en eetgerei na hul motor, wat hulle in Smith se motorhuis geparkeer het, gedra het.
Die booswigte het hulle as munisipale werkers voorgedoen om sodoende toegang tot die meenthuiskompleks te kry.
You can read the full story on our App. Download it here.