NewsNews

Kaping-drama op R59

Kaping-drama op R59

MEYERTON.- Minstens vier vermeende trok-kapers is Vrydag 18 Januarie net na 15:15 op die R59 net na die Johan Le Roux-afrit vasgetrek.

Flink optrede deur SAPS wat verby die mislukte kaping gery het, het tot die arrestasie van die bendelede gelei. Volgens polisie op die toneel het die kapers glo die bestuurder van die trok beduie dat daar iets fout is met die trok. Toe hy aftrek en uitklim het hulle hom probeer oorval maar hy het homself verset. Dit is toe dat die polisie daar verby gery het. Drie van die bendelede is daar en dan gearresteer en na ‘n kort jaagtog is nog ‘n verdagte aangekeer.

Een van die kapers wat weggejaag het lê plat op die grond nadat hy gearresteer is. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button