
Illustration photo
Drie gevangenes is nou dieper in die sop nadat hulle vanuit hul selle ’n polisiebeampte geïntimideer het.
Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba was die polisiebeampte by die selle waar drie van die gevangenes hom gekonfronteer het omdat hulle besoekers geweier is.
Die mans het ook glo gekla oor die kos wat vir hulle in die selle gebring is.
“Hulle het die polisiebeampte gedreig en gesê hulle gaan hom in die selle kry waar hy magteloos gaan wees,” sê Manyoba.
Die gevangenes het glo ook die polisiebeampte gevloek en gesê hulle weet waar hy woon en dat hulle hom by sy huis gaan besoek.
’n Saak van intimidasie word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



