NewsNews

Meer geld vir raadslede al knyp die geldskoen

Meer geld vir raadslede al knyp die geldskoen

Ngwathe se ANC-beheerde stadsraad het verlede Donderdag inderhaas en op kort kennisgewing ‘n spesiale raadsvergadering belê –bloot om raadslede se toelaes te verhoog.
Dit ten spyte daarvan dat die President aangekondig het dat hy, die kabinet, en talle ander senior personeel vanjaar geen verhogings ontvang nie, as gevolg van die land se swak ekonomie.
Die DA het sterk kapsie gemaak, teen sowel die beplande Ngwathe-verhoging as teen die “oorhaastige spesiale vergadering om uitbetalings onmiddellik te magtig.”
“Hierdie vergadering is oor die verkeerde kwessie,” het DA-raadslid Arnold Schoonwinkel op die spesiale vergadering gesê. “Ngwathe se agterstallige Eskomskuld beloop dalk reeds meer as een miljard rand, en die DA probeer nou al 23 weke lank uitvind wat Ngwathe se planne is om dit te delg, sonder enige sukses. Dit is waaroor ons moes vergader.”
Hy het bygevoeg ‘n spesiale vergadering bloot om ‘n salarisverhoging vir raadslede van ‘n “bankrotmunisipaliteit” goed te keur is belaglik .
DA-raadslid Andries Vrey (Wyk 12) sê aan Gazette hy stem saam. “ Wanneer ek namens inwoners kla oor munisipale probleme is die antwoord dikwels daar is nie geld nie. Maar nou blyk dit dat daar genoeg geld is vir verhoogde raadslidtoelaes.”
Die DA-koukus het op die spesiale vergadering die ANC-gedrewe verhoging verwerp. Hulle het versoek dat hul name as teenstemme aangeteken word.
Die verhoogde toelaes is egter deur die meerderheid goedgekeur.
Die burgemeester verdien nou R2 500 per maand meer, en die agt voltydse burgemeesterskomiteelede (almal ANC-raadslede)
R2 000 per maand ekstra.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button