
Daar was verlede Donderdag behoorlik konsternasie op die draai by die h/v Water- en Loopstraat, toe ’n tenker van Noord-Kaap Landbou nie sy draai kon kry nie. Gevolglik het sy sleepwa reg voor ‘n ander vragmotor omgeslaan, wat blitsig moes uitswaai om ’n botsing te vermy.

Gelukkig was die tenker wat gewoonlik fosforsuur vervoer, sonder vrag.
Sakelui in die omgewing van die kruising, sê as jy na die skuurmerke op die randsteen in die draai kyk, is dit vir menige vragmotorbestuurders, veral dié met sleepwaens, ’n kopseer om hier hul draai te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



