NewsNews

Verdagte vas na sakeman se lyk in rivier gekry is

Verdagte vas na sakeman se lyk in rivier gekry is

‘n Man is inhegtenis geneem in verband met die moord op die 68-jarige Eric Lyell wie se liggaam die naweek in die Vaalrivier gekry is.

Mnr. Lyell was ‘n jarelange prokureur van Vereeniging.

Verbygangers het Saterdagmiddag die liggaam in die rivier langs die R59 sien dryf. Die polisie is daarna ontbied.

Wyle mnr. Lyell se selfoon is  in Sharpeville gekry en sy Volkswagen Jetta by Builders in Vereeniging op pad Vanderbijlpark toe, berig Maroela Media. .

Polisiewoordvoerder a.o. Simon Mofokotsane,  het die verdagte se inhegtenisname vir ondervraging bvestig.

Wyle mnr. Lyell se begrafnisdiens is Donderdag om 11:00 uit die NG Drie Riviere-Oos gemeente.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button