VANDERBIJLPARK. – Die bestuurder van ‘n drank afleweringsvoertuig het Woensdag 9 Januarie op die hoek van Marconistraat en Heavysidestraat, net om die draai van Salon Suzett’s, weens water en ‘n slaggat beheeroor die voertuig verloor en in die haarsalon te lande gekom. Die geskokte werknemers van die salon was besig met kliënte maar geen happe in die hare is aangemeld nie.
Terwyl die eienaar van Salon Suzett’s, Hanna Compaan, met die betrokke partye reëlings getref het om die oop gat voor in die winkel te beveilig, het werknemers onverpoosd voort gegaan om die kliënte se hare te sny.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Hierdie plas water en versteekte slaggate was die oorsaak dat die bestuurder van die bakkie beheer verloor het en in die salon se voorkant ingery het.








