NewsNews

‘n Eerste in die Vaaldriehoek – ‘n inry-haarsalon

‘n Eerste in die Vaaldriehoek. – ‘n inry haarkapper

 

VANDERBIJLPARK. – Die bestuurder van ‘n drank afleweringsvoertuig het Woensdag 9 Januarie op die hoek van Marconistraat en Heavysidestraat, net om die draai van Salon Suzett’s, weens water en ‘n slaggat beheeroor die voertuig verloor en in die haarsalon te lande gekom. Die geskokte werknemers van die salon was besig met kliënte maar geen happe in die hare is aangemeld nie.

Terwyl die eienaar van Salon Suzett’s, Hanna Compaan, met die betrokke partye reëlings getref het om die oop gat voor in die winkel te beveilig, het werknemers onverpoosd voort gegaan om die kliënte se hare te sny.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die bakkie het heelwat skade opgedoen. Foto: Jannie du Plessis

Hierdie plas water en versteekte slaggate was die oorsaak dat die bestuurder van die bakkie beheer verloor het en in die salon se voorkant ingery het.

Personeel was nie baie beïndruk met die kits lugversorger in die salon nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button