
Skaars twee dae op die skoolbanke en hulle is klaar tuis. Hier is ‘n paar foto’s van van die 2019 graad 1-leerlinge by Parys Primêr, Dome Primary en Parys Christelike Skool. Sterkte vir al ons Parys-leerlinge en onderwysers vir die nuwe skooljaar.

Storietyd by Dome Primary
Dome Primary het vanjaar 214 leerlinge waarvan 52 graad 1 leerlinge. In 2018 het die skool net 36 graad 1’s gehad. Op die foto is Onkabetswe Lofafa en Thato Dire.

Baie trots met hul nuwe skooltasse voor juf. Corlé se klas. Op die foto is Diné Serfontein, Chene Dames en Joe Strydom.

Galeletsang Mahlaku, nog een van Parys Primêr se nuwe graad 1 leerlinge.

Van Parys Christelike Skool se 2019 graad 1’s. Agter van links is Tayler Barkhuizen, Joalize van der Westhuizen, Anri Herbst, Miah Oosthuizen, Johaney Mileham en Denine Koen. Voor is Alex Vosloo, C.J. Bezuidenhout en Michael Erasmus.




