Photo GalleriesSchool
As jy groentjie is…moet jy swem, Jannie!
Deel van die pret van groentjie wees.

Dié wat al daardeur is, sal jou sê ontgroening is so deel van hoërskool-wees soos die toebroodjies in jou skoolkosblik.

Met die eerste skooldag vandag, het die graad 8 groentjies van Hoërskool Parys, sommer gou geleer wat jy maak as jy by die diepkant van grootword ingegooi word – dan moet jy “swem, Jannie, swem”. En so tussendeur die swemmery onder die matriek “lewensredders” se waaksame oog, is daar “ring-a-rosy” gespeel, skoene blink gevryf en selfs ‘n paar pleisters op die voorkoppe uitgedeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



