NewsNews

Blink toekomsplanne en skitter uitslae vir Hoërskool Parys se matrieks

Ons gelukwense aan al die matrieks met die mooi uitslae wat behaal is.

Groot vreugde en blink toekomsplanne het vanoggend die kroon gespan op 12 jaar se harde werk vir matrikulante van die Hoërskool Parys.

Naas die feit dat die Fezile Dabi-streek waarin Parys val, weer die beste in die distrik presteer het met ‘n 91,8% slaagpersentasie, het Jana Naude nie minder nie as 7 vakonderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, geografie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskap. Sy is ook onder die top 100 matrikulante in die Vrystaat wat vanoggend spesiale erkenning in Bloemfontein ontvang het. Jana gaan vanjaar medies aan die Vrystaatse Universiteit studeer.

Jana Naude wat Hoërskool Parys se toppresteerder is met 7 vakonderskeidings en ook onder die top 100 matrikulante in die Vrystaat.

Nog ‘n leerling van die skool, Jolandi Krige, het 6 vakonderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskap. Sy begin vanjaar met haar CA studies aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus.

Lialma Sinclair wat ook medies gaan studeer aan Kovsies, het 5 A’s ingepalm vir Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, geografie en lewenswetenskappe.

Cara Erasmus spog op haar beurt met 4 A’s in Afrikaans, Engels, geografie en lewensoriëntering. Sy gaan optometrie aan UJ studeer.

Ca-Leigh Sieberhagen en Nicole Smit in die ry waar die matrikulante vanoggend gewag het vir hul uitslae.

Van links is Jolandi Krige, Lialma Sinclair en Cara Erasmus wat 6, 5  en 4 onderskeidings onderskeidelik behaal het.
van links is Kamo Masitha, Dineo Marumo en Pontsho Molete wat almal onderskeidings in lewensoriëtering behaal het.

Van links is JC Smidt (2 onderskeidings), Marcel Beuke (3 onderskeidings), Luan Beckmann en Charles Pieterse (1 onderskeidings). Op die foto regs is ‘n vreugde-oomblik van twee matrikulante vasgevang.

 

Volledige uitslae en ander kandidate wat onderskeidings behaal het, naas die toppresteerders, sal in die Parys Gazette se uitgawe van 10 Januarie gepubliseer word. So ook uitslae van ander skole in die Parys-distrik.

Ons gelukwense aan al die matrieks met die mooi uitslae wat behaal is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button