
Pas terug na Kersdag van ‘n besoek aan haar bejaarde Ma in die buiteland, is mev. Alla Bartas
deur ontsellende nuus begroet.
Haar geliefde Oscar, ‘n volwasse pitbull kruising het op Saterdag 22
Desember by die motorhek van hul erf op die hoek van Eerstelaan en Delverstraat uitgeglip.
Vasbeslote om haar dierekind te kry, het sy dadelik aan die werk gespring en
alles in haar vermoȅ gedoen om haar geliefde Oscar te vind.
Honderde fotos van Oscar tesame met kontaknommers en die beloning van R2000 is aangebied vir die een wat hom opspoor. Van plakkate, tot pamflette en sosiale media is ingespan. Selfs Radio Overvaal saai dit gereeld wyd en suid uit en die SAPD sê hulle bly op die uitkyk.
Dag na dag per motor en te voet vir 5 dae lank vergesel deur ‘n behulpsame Parys DBV en vriende
word daar blok vir blok, straat na straat tot Oujaarsdag vergeefs na Oscar
gesoek.
Oplaas op Nuwejaarsdag 2019 vaar ‘n gebroke mev.Bartas, vrou alleen, die strate van
Schonkenville in met die liefde in haar moederhart vir haar dierekind. Maar steeds geen teken van Oscar nie.
‘n Beloning van R4000 word nou aangebied maar sal om 12:00 Vrydag 4 Januarie verstryk.
Asseblief help om Oscar met sy eienaars te herenig. As jy inligting het skakel of whatsapp na 082 377 8439



