NewsNews

Pa van 13 koelbloedig doodgeskiet

Pa van 13 koelbloedig doodgeskiet

MEYERTON. – “Al wat my sal stop is ‘n bullet.” Dit was die laaste woorde wat die 61-jarige Daniel Christoffel van Heerden, gistermiddag, Vrydag 28  ge-uiter het, voordat hy sy laaste asem in sy 17-jarige seun, DonJaun se arms uitegblaas het. Hy was ‘n bekende inwoner van Meyerton en die eienaar van ‘n gevestigde sekuriteitsfirma.

Volgens sy dogter Marie is haar pa omstreeks 14:00 koelbloedig op die hoek van Johan le Roux weg en boundary straat naby Bokkie Delport skrootwerf doodsgekiet, nadat hy en sy seun ‘n sekuriteitswag van die Rooi Miere gekonfronteer het oor vleis wat glo onwettig van ‘n trok afgelaai is.

Volgens die sekuriteitswag se verklaring het hy middagete genuttig toe van Heerden-hulle agter sy bakkie gestop het en hom gekonfronteer het. Hy beweer van Heerden het sy bakkie se sleutels uit die voertuig verwyder, waarna ‘n argument onstaan het. Die wag wat tans in aanhouding by die De Deur polisiestasie is, beweer dat hy onder die indruk was, dat hy gekaap word. Hy het sy CZ 7.75mm vuurwapen getrek en van Heerden een maal in die rug geskiet. Hy het daarna gevlug, maar is kort daarna deur die polisie vasgetrek.

Van Heerden laat 13 kinders agter. Hy is die vader van Danie van Heerden, ‘n voormalige EFC-swaargewigkampioen en Chris van Heerden, ‘n voormalige IBO wêreldweltergewig kampioen. Medelye het sedert gister van oral op Facebook ingestroom. Chris land Sondag uit Amerika.

Related Articles

Back to top button