NewsNews

Pa van 13 koelbloedig doodgeskiet

Pa van 13 koelbloedig doodgeskiet

MEYERTON. – “Al wat my sal stop is ‘n bullet.” Dit was die laaste woorde wat die 61-jarige Daniel Christoffel van Heerden, gistermiddag, Vrydag 28  ge-uiter het, voordat hy sy laaste asem in sy 17-jarige seun, DonJaun se arms uitegblaas het. Hy was ‘n bekende inwoner van Meyerton en die eienaar van ‘n gevestigde sekuriteitsfirma.

Volgens sy dogter Marie is haar pa omstreeks 14:00 koelbloedig op die hoek van Johan le Roux weg en boundary straat naby Bokkie Delport skrootwerf doodsgekiet, nadat hy en sy seun ‘n sekuriteitswag van die Rooi Miere gekonfronteer het oor vleis wat glo onwettig van ‘n trok afgelaai is.

Volgens die sekuriteitswag se verklaring het hy middagete genuttig toe van Heerden-hulle agter sy bakkie gestop het en hom gekonfronteer het. Hy beweer van Heerden het sy bakkie se sleutels uit die voertuig verwyder, waarna ‘n argument onstaan het. Die wag wat tans in aanhouding by die De Deur polisiestasie is, beweer dat hy onder die indruk was, dat hy gekaap word. Hy het sy CZ 7.75mm vuurwapen getrek en van Heerden een maal in die rug geskiet. Hy het daarna gevlug, maar is kort daarna deur die polisie vasgetrek.

Van Heerden laat 13 kinders agter. Hy is die vader van Danie van Heerden, ‘n voormalige EFC-swaargewigkampioen en Chris van Heerden, ‘n voormalige IBO wêreldweltergewig kampioen. Medelye het sedert gister van oral op Facebook ingestroom. Chris land Sondag uit Amerika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button