
‘n Ellelange ry besoekers het Saterdag 22 Desember voor die hekke van die Abraham Kriel kinderhuis tou gestaan om die ongelooflike liggie-skouspel te kon sien wat vanjaar selfs nog groter was.

Nie stampkarretjies nie, maar stampende balle wat die jongspan besig gehou het.


Met kunstenaar Dewald Wasserfall wat die aand opgetree het, was die terrein ‘n vrolike bymekaar kom van mense met die klank van Kersliedere en honderde liggies wat oud en jonk vasgenael gehad het voor die liggie-skouspel wat dié tuin elke jaar in ‘n fantasiewêreld omtower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



