Radio Light Buurtwag (We Care patrolleerders) het op 15 Desember ‘n bewusmakingsveldtog in Parys gehou saam met a.o. Jan le Roux en lede van die Parys SAPD.
Die gemeenskap is genooi om met die patrolleerders te kom gesels en so ook by hierdie vrywilliger organisasie betrokke te raak. Terselfdertyd was dit ook ‘n geleentheid om veral gedurende die Feesseisoen wanneer misdaadsyfers tradisioneel styg en mense se waaksaamheid afneem, sigbaarheid te wys en ‘n groter bewustheid by die publiek te skep om te help om werl;ol die oë en ore van die polisie en buurtwag te wees.
Dertien voertuie en 22 mense het die Wit-en-Bloulig aksie ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


