NewsNews

5 wetenskaplike maniere om jou ‘babelas’ beter te laat voel

Dit is daai tyd van die jaar waar families en vriende almal bymekaar kom om lekker saam te kuier. Ons ruil geskenke uit, en die nuwe jaar word verwelkom.

 

Gewoonlik voel niemand so goed op Nuwejaarsdag soos wat jou Oujaarsaand gevoel het nie.

Hier is vyf wetenskaplike maniere om daai slegte gevoel beter te maak.

  1. Drink minder

Dit is eintlik so eenvoudig soos dit. Probeer die hoeveelheid alkohol wat jy inneem op ‘n aand beperk. Alhoewel jy nou besig is om dié wenke te lees, is die vermoede dat dit reeds te laat is.

2.Vermy sekere drankies

Deur die proses van etanol-fermentasie word suikers in koolstofdioksied en etanol omskep, ook bekend as alkohol.

‘Congeners’ is chemiese neweprodukte wat ook gedurende dié proses in klein hoeveelhede gevorm word.  , met Verskillende tipes alkoholiese drankies bevat verskillende hoeveelhede ‘Congeners’.

Studies het bewys dat drankies wat groot hoeveelhede ‘congeners’ bevat, ‘n persoon se ‘babelas’ kan vererger.

Drankies met lae hoeveelhede ‘congeners’ sluit Vodka, Rum en Gin in. Vodka bevat feitlik geen ‘congeners’ nie.

Tequila, Whiskey en brandewyn en Bourbon whiskey bevat hoë hoeveelhede ‘congeners’

Weereens as jy dié wenke lees het jy seker reeds jou drankie van keuse gedrink.

  1. Eet ‘n groot ontbyt

Baie mense sê dat hierdie die enigste genesing vir ‘n ‘babelas’ is. Die rede hiervoor is omdat ‘n groot ontbyt help om jou bloedsuiker vlakke te stabiliseer.

Alhoewel lae bloedsuiker nie die oorsaak is van jou ‘babelas’ nie, maak dit, dit erger deur by te dra na simptome soos naarheid en moegheid. Dit vul ook weer jou liggaam se vitamiene en minerale aan wat jy verloor het terwyl jy lekker partytjie gehou het.

  1. Drink baie water

Alkohol dehidreer ‘n mens. Dehidrasie vererger die simptome va n’n ‘babelas’ soos dors, hoofpyn en duiseligheid.

Deur baie water te drink rehidreer jy jouself wat kan help om die simptome beter te maak.

‘n Goeie reël is om ‘n glas water vir elke drankie wat jy drink, te drink.

1.Veg vuur met vuur

Alhoewel die wenk grootliks op hoorsê en mites baseer is, is daar studies wat wys dat om nog ‘n drankie te drink ‘n babelas kan afweer.

Dit is omdat alkohol die manier verander wat metanol, ‘n chemikalieë wat in klein hoeveelhede in alkoholiese drank voorkom, in die liggaam verwerk word.

Nadat jy alkohol drink, word metanol omgeskakel na formaldehied, ‘n giftige verbinding wat die oorsaak van sommige ‘babelas’-simptome kan wees.

As jy egter etanol (alkohol) drink as jy ‘n ‘babelas’ het, kan hierdie omskakeling gestop word en die vorming van formaldehied heeltemal voorkom word. In plaas daarvan om formaldehied te vorm, word metanol dan veilig uit die liggaam uitgeskei.

Dié wenk word nie aanbeveel nie omdat dit na die ontwikkeling van ongesonde gewoontes kan lei. Aan die anderkant as jy nogsteeds hierdie wenke lees dan is die ‘babelas’ te erg om nou nog oor die ontwikkeling van ongesonde gewoontes te bekommer.

 

 

Related Articles

Back to top button