NewsNews

Skep dalk ‘n bietjie asem by die pompe

Skep dalk 'n bietjie asem by die pompe

Daar is net 2 weke oor voordat die brandstofpryse vir Januarie 2019 vasgestel moet word, en is daar ‘n oorverhaling van R1,19 per liter op die prys van 95-oktaan petrol, en R1,43  per liter op die groothandelprys van diesel met swaelinhoud van o,005%

Die finale oorverhaling word egter eers einde Desember aangekondig. As brandstofpryse dan wel in Januarie sou daal soos wat dit wil voorkom nou, sal dit die tweede bietjie asemskep vir motoriste wees. Die voorspelling is dat petrol dalk dan  goedkoper kan wees as in Oktober en November toe die petrolprys onveranderd gebly het tussen die twee maande. Netwerk 24 berig dat enige daling van meer as 82 sent per liter petrol goedkoper sal maak as in Januarie 2018.

Wat diesel betref sal  die verwagte Januarie-daling die prys van diesel (o,05% swael) net-net minder as R3 per liter goedkoper maak sedert November, berig Netwerk 24, maar sê ook dat dit onwaarskynlik is dat die daling diesel goedkoper sal maak as in Januarie 2018 tensy die oorverhaling styg na meer as R1,93 per liter.

Bron: Netwerk24

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button