NewsNews

Wees gewaarsku – misdadigers is bedrywig oor die Feesseisoen!

Moenie onkant betrap word hierdie Feesseisoen nie!

 

Die polisie waarsku inwoners dat misdaad by OTM’s steeds ‘n groot probleem is.

  • Moet onder geen omstandighede toelaat dat iemand jou by ‘n OTM help nie.
  • * Moet ook onder geen omstandighede jou pinnommer vir iemand gee nie.
  • Vermy liewers die OTM na-ure of wanneer daar geen ander kliënte is nie.
  • Wees liewer oorversigtig wanneer jy jou pin insleutel.
  • Onthou ook dat as die masjien nie jou kaart wil neem nie, is die kans goed dat daar met die kaartgleuf gepeuter is.
  • Misdadigers teiken ook dikwels meer as 1 OTM in ‘n gebied.
  • Moenie groot bedrae kontant aan jou dra nie. Gevalle is reeds in die dorp gerapporteer waar misdadigers sodra jy jou motor parkeer, die deur oopruk, en dan jou handsak, beursie of selfoon uit die motor gryp. Hou daarom te alle tye jou motordeure gesluit en waar moontlik jou vensters toe.
  • Weet ook dat wanneer iets te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik nie die waarheid nie. Verskeie gevalle is al gerapporteer waar mense genader word met kaartspel, gelukkige trekkings of ander slenters, selfs by sentrum-parkeerareas, waarmee jy dan sogenaamd jou geld kan vermeerder. Jy kan nie sulke slenters sommer net glo nie. Jy kan nie geld gaan trek en vir ‘n onbekende persoon gee wat beloftes maak dat jou geld verdubbel sal word nie. Maak dubbel seker voordat jy niksvermoedend ‘n slagoffer word van gewetenlose misdadigers.
  • Oppas vir aanlyn transaksies veral waar jy nie seker is wie die koper of verkoper is nie. Moenie sommer net elektroniese geldoorplasings maak of jou bankbesonderhede vir iemand gee tensy jy nie absoluut seker is dat die transaksie veilig is nie.
  • Huisbrake is kommerwekkend hoog, ook in Parys. Hou jou deure en hekke gesluit. Lig jou bure in van wanneer jy nie tuis sal wees nie.
  • Moenie waardevolle items buite los nie.
  • Maak saans jou gordyne toe.
  • Maak seker jou kinders en werkers sal nie die deur vir enigeen oopmaak tensy jy duidelik opdrag gegee het daarvoor nie.
  • Waak teen dieselfde roete en roetine elke dag.
  • Wees bedag op verdagte persone, bewegings of voertuie in jou omgewing en rapporteer dit by die polisie.
  • Moenie pos in jou posbus laat nie.
  • Parkeer jou motor op die veiligste moontlike plek.
  • Moenie waardevolle items in jou motor laat waar almal dit kan sien nie.
  • Hou jou motor gesluit, selfs wanneer jy net vinnig sou uitklim.
  • Moenie saans jou motor in die straat of voor jou motorhuis los nie. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button