NewsNews

Huishulp se flink optrede prysenswaardig

Huishulp se flink optrede prysenswaardig

Ronel en Faan Pretorius van Riversdale se huishulp, Sara, is een so voorbeeld. Sy het deur oplettend te wees en op haar voete te dink ‘n mootnlike traumatiese-ervaring voorkom. Ronel vertel dat Sara en 14-jarige dogter, Zetska, op 29 November by die huis was. Zetska het in die lapa gesit en leer en Sara was besig om die badkamer skoon te maak toe die gesin se twee worshonde vreeslik begin blaf. Sara het by die venster uitgekyk en mense gewaar wat besig was om aan die ketting van die veiligheidshek te ruk en pluk. Sy het hulle gevra wat hulle soek en hulle het gesê hulle is van die Midvaal Munisipaliteit en moet die watermeter ruil. Sy het dadelik onraad vermoed en gesê hulle moet wag, sy roep die eienaars van die huis.
Sara het dadelik Ronel se dogter geroep en in die huis toegesluit. Sy het toe vir Ronel gebel om haar te vertel wat aangaan.
Intussen het Zetska die paniekknoppie van Prosec Alarms gedruk. Na Ronel met Sara gepraat het, het sy Prosec Alarms gebel, maar is meegedeel dat hulle reeds ‘n voertuig uitgestuur het na die woning.
“Binne vier minute was Prosec Alarms by die huis. Die mense buite die hek, sowat agt mans en vroue, sê toe hulle voertuig het gebreek het en hulle kyk net of hulle hom aan die gang kry.
“Ek het vir Sara gebel en gesê om die foon aan een van die mense buite die hek te gee terwyl die sekuriteitsmaatskappy daar is. Een van hulle het toe weer aan my gesê dat hulle van ‘n projekmaatskappy is wat deur Midvaal Munisipaliteit gestuur is om lesings te doen,” sê Ronel.
Sy sê sy is regtig baie dankbaar dat Sara flink gedink en nie net die hek gaan oopmaak het nie, want dit is duidelik dat hulle daar was om kwaad te doen.”
Toe Sara destyds by die gesin begin werk het, het hulle haar touwys gemaak om nie net enigiemand in die erf toe te laat nie. “Dit het regtig in ons guns getel tydens hierdie voorval.
“Dit is belangrik om werkers bewus te maak van moontlike gevare en hulle te leer wat om in so ‘n situasie te doen. “Moet ook nie jou honde se geblaf ignoreer nie, jy kan in gevaar wees. Dinge kon so maklik vir ons anders uitgedraai het. Ek wil nie eers dink wat kon gebeur het nie.”
Daar is na die voorval wyd en suid na die groep mense gesoek en hulle is later vasgetrek, waarna hulle moes verduidelik wat hulle daar gesoek het.
* Ronel bedank Prosec Alarms vir hul vinnige reaksie, in besonder Jannie wat haar en haar dogter na die tyd ook gebel het om seker te maak alles is in orde, asook Gerrit Viljoen van die GPF.

 

Related Articles

Back to top button