EntertainmentNewsNews

Dorp spog met sy plaaslike kunstenaars-talent

Plaaslike kunstenaars vat soos in die verlede weer hande met die Ontwikkelings Forum en besighede in die dorp om die jaarlikse kunsuitstalling aan te bied. Kunstenaars van Parys, bekend en onbekend, sal aan hierdie uitstalling deelneem. Die kunsuitstalling is gratis vir die publiek en sal op 1 en 2 Mei vanaf 9:30 tot 16:30 oop …

1989 Trein op stasie
Die trein is op die destydse stasieperron in Parys afgeneem.

Plaaslike kunstenaars vat soos in die verlede weer hande met die Ontwikkelings Forum en besighede in die dorp om die jaarlikse kunsuitstalling aan te bied.

Kunstenaars van Parys, bekend en onbekend, sal aan hierdie uitstalling deelneem. Die kunsuitstalling is gratis vir die publiek en sal op 1 en 2 Mei vanaf 9:30 tot 16:30 oop wees. Op 3 Mei sal die uitstalling besoek kan word vanaf 9:30 tot 13:00.

Die uitstalling vind plaas in die ou stasiegebou in Phillipstraat. Maak ’n aantekening van die datum en kom loer na al die plaaslike talent. Baie dankie aan al die borge wat hierdie uitstalling moontlik maak.
Vir navrae oor die uitstalling skakel 056 811 4000.

Related Articles

Back to top button