Noordwes Rolbal het ses spanne aangekondig wat aan die nasionale Inter-distrikte toernooie gaan deelneem.
Parys-rolbalklub het vyf spelers in die onderskeie spanne. Tracy Jacobs is in die Vroue Ope-span, en Jaco Nel en Kabous Olivier is opgeneem in die Mans Ope-span. Twee Parys mans het die Veterane-span gehaal. Hulle is Raymond Loubser en Trevor Wright. Rudi Jacobs kon nie oorweeg word nie aangesien hy die nasionale o.30-span na Hong Kong vergesel, en George Lotter was om persoonlike redes nie beskikbaar nie.
Daar is dertien spelers van Klerksdorp-rolbalklub in die spanne, en tien van die Potchefstroom-rolbalklub. Die Potchefstroom Buiteklub (PCC) het sewe spelers in die spanne. La Farge het vyf en Mafeking vier. Orkney het twee en Fochville en Coligny een elk.