Photo GalleriesSport

Noordwes-rolbalspanne aangekondig

Noordwes-rolbalspanne aangekondig

Noordwes Rolbal het ses spanne aangekondig wat aan die nasionale Inter-distrikte toernooie gaan deelneem.
Parys-rolbalklub het vyf spelers in die onderskeie spanne. Tracy Jacobs is in die Vroue Ope-span, en Jaco Nel en Kabous Olivier is opgeneem in die Mans Ope-span. Twee Parys mans het die Veterane-span gehaal. Hulle is Raymond Loubser en Trevor Wright. Rudi Jacobs kon nie oorweeg word nie aangesien hy die nasionale o.30-span na Hong Kong vergesel, en George Lotter was om persoonlike redes nie beskikbaar nie.
Daar is dertien spelers van Klerksdorp-rolbalklub in die spanne, en tien van die Potchefstroom-rolbalklub. Die Potchefstroom Buiteklub (PCC) het sewe spelers in die spanne. La Farge het vyf en Mafeking vier. Orkney het twee en Fochville en Coligny een elk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button