
Eskom het vanoggend gewaarsku dat boodskappe op digitale media wat aandui dat daar nie meer elektrisiteit in Suid-Afrika gaan wees nie, vals en misleidend is.
Eskom sê in sy verklaring beurtkrag word gekontroleer en bestuur op ‘n rotasie basis vir ‘n periode van tussen 2 en 4 ure op ‘n keer, afhangend van op watter skedule die verbruiker is op die betrokke dag.
Die kragreus sê beurtkrag is juis ingestel as ‘n laaste uitweg maatreël om die land te beskerm van ‘n totale kragdonkerte.
Eskom sê hy kon daarin slaag om die elektrisiteitsvoorsieningstelsel te stabiliseer deur die instel van beurtkrag. ‘n Aankondiging oor vandag se beurtkrag is nog nie amptelik deur Eskom gemaak nie. 



