CommunityNews

Dit is dié vreugde van Kersfees

Dit is dié vreugde van Kersfees

Wanneer Kersvreugde gedeelde vreugde word, ervaar jy die vrede van ’n ware Kersfees. Die vreugde op 150 kindergesiggies die afgelope naweek in Parys, het nie net harte geraak nie, maar gewys dat gee nie net in geld gemeet word nie, maar in wat jy van jouself gee.
Van Kersvader met sy verrassingspakkies vir elkeen van die kinders, tot die verbasing om karakters soos Batman, Elsa, Tinkerbell en Minnie Muis te sien, Kleurvolle lekkernye, springkastele en geurige potjies. Alles wat jy aan kon dink om die dag ’n ware fees te maak.

 
Die dag is moontlik gemaak deur die JD Groep en Shoprite wat die hoofborge was, maar ook die talle ander individue, instansies en sakelui wat hul harte en beursies groot oopgemaak het om seker te maak dat niks sou kortkom nie. Dankie aan elkeen wat vir hierdie nagenoeg 400 mense ’n verskil gemaak het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button