CommunityNews

Dit is dié vreugde van Kersfees

Dit is dié vreugde van Kersfees

Wanneer Kersvreugde gedeelde vreugde word, ervaar jy die vrede van ’n ware Kersfees. Die vreugde op 150 kindergesiggies die afgelope naweek in Parys, het nie net harte geraak nie, maar gewys dat gee nie net in geld gemeet word nie, maar in wat jy van jouself gee.
Van Kersvader met sy verrassingspakkies vir elkeen van die kinders, tot die verbasing om karakters soos Batman, Elsa, Tinkerbell en Minnie Muis te sien, Kleurvolle lekkernye, springkastele en geurige potjies. Alles wat jy aan kon dink om die dag ’n ware fees te maak.

 
Die dag is moontlik gemaak deur die JD Groep en Shoprite wat die hoofborge was, maar ook die talle ander individue, instansies en sakelui wat hul harte en beursies groot oopgemaak het om seker te maak dat niks sou kortkom nie. Dankie aan elkeen wat vir hierdie nagenoeg 400 mense ’n verskil gemaak het

Related Articles

Back to top button