NewsNews

Tien jaar vir Vaal de Grace

Op 1 Desember 2008 het Nick Price, ontwerper van die Vaal de Grace-gholfbaan, die eerste geskiedkundige gholfhou op dié baan geslaan. Daarmee is Vaal de Gráce amptelik geopen.

Vandag is dit tien jaar later – en steeds geniet menige gholfspeler hierdie juweel van ‘n baan net buite Parys, wat voorheen bekend gestaan het as Die Eiland.

Vaal de Gráce skryf sy eie, baie interessante storie. Daar is vele mooi herinneringe aan uitsonderlike toernooie, kompetisies en liefdadigheids-gholfdae. Laagtepunte was daar ook – soos die dag toe al die gholfkarretjies as gevolg van ‘n elektriese kortsluiting uitgebrand het.
Tog bly elke dag op Vaal de Gráce ‘n hoogtepunt. Die baan het met tyd ontwikkel tot ’n pragstuk. Min dinge oortref die rustige natuurskoon, ryk voëllewe, weldadige klimaat en die ewige gedruis van die Vaalrivier in jou ore, terwyl jy jou rondte voltooi.
Om die 10-jarige bestaan behoorlik te vier, is ‘n spesiale Fees-gholfdag en Casino-aand op 1 Desember by Vaal de Gráce gehou, met waatlemoene wat op die koop toe met ’n gelukkige trekking gewen kon word.
Met die Fees-gholfdag en Casino-aand het die bestuur hul dank betuig aan getroue ondersteuners, vriende en kliënte.

Die direksie van Vaal de Grace wat ook die gholfbaan bestuur. Hulle is Etienne Hoeksma, Johan Ungerer, Elizabeth Fourie en voor Werner Grobbelaar.

Anje Rademan (regs) het die langste dryf op 9 gehad

Die wenners van die fees-gholfdag – Jacques Botes en sy span van Parys Golf & Country Estate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button