NewsNews

Dié sertifikate gee ons trots, sê motorwagte

Dié sertifikate gee ons trots, sê motorwagte

Sedert die PSIRA-optrede in Parys waartydens ongeregistreerde motorwagte van die strate verwyder is, het verskeie Parysenaars en sakelui hul harte oopgemaak vir motorwagte in die dorp, en van die toegewyde motorwagte gehelp om hul PSIRA Graad E-eksamen suksesvol te kon aflê.
Hieronder tel motorwagte by die Pick ’n Pay sentrum wat almal hul PSIRA-eksamen suksesvol afgelê het danksy die borgskap van Lukas van Rooyen van Pick ’n Pay.
Nou doen hulle weer hul dagtaak met groot trots. en sê hul prontuit dat dié sertifikate vir hul selfwaarde gegee het.
Hoewel die manier waarop PSIRA opgetree het, nie vir hulle aanvaarbaar was nie, glo hulle dat daar ook ‘n positiewe gevolg van die optrede was. Vir hulle is die sertifikate ‘n bewys dat hulle erns het met hul werk, en hulle beslis nie bedel nie, maar ‘n diens lewer.
Boonop kan die publiek die versekering hê dat motorwagte wat PSIRA-sertifikate en registrasie het, geen kriminele rekord het nie.
Ongelukkig het daar na die PSIRA optrede onjuiste stories die rondte gedoen dat motorwagte verwyder is omdat hulle glo verbode middels verkoop het. Die gerugte is onwaar, sê die groep.
Ook Lukas sê dat dié groep motorwagte oor jare deel is van die Pick ‘n Pay sentrum en dat kliënte vra vir hul teenwoordigheid juis vanweë hul vriendelikheid en hulpvaardigheid teenoor die publiek.

Johan Barnard (skriba) en George de Beer (voorsiter van die ouderlinge vergadering) van die Hervormde Kerk in Parys, het aan Lukas van Rooyen (middel), ‘n oorkonde en das oorhandig in erkenning vir sy onbaatsugtige, lojale en offervaardige diens aan die gemeenskap. Thea Bruwer, ook van die Hervormde Kerk, was afwesig met die neem van die foto.

Ongelukkig is daar nog steeds ongeregistreerde motorwagte by verskeie punte in die dorp wat die PSIRA-optrede vrygespring het. Maak dus seker wie jy toelaat om na jou motor te kyk.
Onthou ook dat ten spyte van die PSIRA opleiding geregistreerde motorwagte se enigste inkomste steeds net die footjies is wat hulle daagliks van die publiek ontvang. Hulle maak dus staat op die publiek se ondersteuning.
Daar is intussen versoek dat PSIRA ‘n opvolg optrede in die dorp sal hou, om seker te maak dat alle motorwagte in die dorp wel geregistreer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button