News

Welkom by Parys Kommando, Kuifie!

“Ons is trots om saam met jou deel te kan wees van hierdie digitale fakkelloop.  Hierdeur herdenk die moderne Voortrekkers die grootste afloswedren wat nog ooit in die Suidelike Halfrond gehou is, en 80 jaar gelede plaasgevind het.  Ons is trots om ons Voortrekker-waardes te kan uitleef en sodoende saam te kan groei. Trots op …

“Ons is trots om saam met jou deel te kan wees van hierdie digitale fakkelloop.  Hierdeur herdenk die moderne Voortrekkers die grootste afloswedren wat nog ooit in die Suidelike Halfrond gehou is, en 80 jaar gelede plaasgevind het.  Ons is trots om ons Voortrekker-waardes te kan uitleef en sodoende saam te kan groei. Trots op ons Afrikanerskap, Burgerskap, konsekwente Christenskap en Diensbaarheid.”

“Ons Kommando vier in 2019 sy 85ste bestaansjaar en deur die genade van onse Vader groei ons steeds elke dag as Vories, positiewe burgers in menswees en positiwiteit.”

“Hou hoog die fakkel, en hou koers!”

Dit was vandag die Facebook-boodskap van Parys Voortrekkerkommandoleier, Dawn Rall, waarmee dié kommando saam met Kuifie deur die Vrystaat hardloop vir die eerste, simboliese digitale fakkelloop.

As jy ‘n moderne Voortrekker is en Facebook het – kry jou vingers op die sleutelbord en hardloop op Facebook saam met Kuifie op 5 en 6 Desember wanneer hy deur die Vrystaat beweeg.

Kuifie saam met Vories van die Parys Voortrekkerkommando.

Hoe werk dit: 

Oud en jonk kan deelneem. Al wat jy moet doen is om jou boodskap van hoop te plaas op jou eie Facebook-profiel, jou kommando se Facebook-profiel en die gebied en nasionale groep se Facebook-groepe. Boodskappe moet positief wees en iets vertel oor wat Voortrekker-wees vir jou beteken.

Hierdie is ‘n groot bemarkingsgeleentheid vir die Voortrekkers. Hardloop die wedloop saam op Facebook en volg Kuifie waar hy deur die land beweeg met die fakkel.

Komaan Parys – kom ons hardloop die Facebook-fakkelloop en volg vir Kuifie. Dis groot pret!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button