NewsNews

Bloedwater – munisipaliteit praat oor pad vorentoe

Bloedwater - munisipaliteit praat oor pad vorentoe

Ngwathe woordvoerder, mnr Steve Naale, het bevestig dat verskeie klagtes van die publiek ontvang is oor bloedwater wat gereeld oorloop uit verstopte mangate in Parys, en dat munisipale bestuur vandag, Dinsdag 4 Desember, oor die aangeleentheid sou vergader het om oplossings vir die pad vorentoe te probeer kry.
’n Maand gelede het Gazette berig oor die bloedwater wat vir ure uit ‘n mangat in Endstraat gestroom het, en in die leivoor afgeloop het tot in die Mimosa-spruit en vandaar in die Vaalrivier. Dieselfde onaanvaarbare gesig is verlede week in Arthur Fisherstraat in Parys se nywerheidsgebied gesien. ’n Stinkende bloedwaterstroom verby besighede en huise.
Hoewel die verstopping in die netwerk verwyder is wat veroorsaak het dat die mangat oorgeloop het, sê sakelui en inwoners dat rehabilitasie van plekke waar die bloedwater só uitloop, nie gedoen word nie.
Die mangat in Endstraat waaroor vroeër berig is, was reg by die oprit van ‘n private woning.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button