NewsNews

Kerslied-en-piekniek aand saam met Francois en Elizabeth

Kerslied-en-piekniek aand saam met Francois en Elizabeth

Die sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie, bied op Sondagaand 16 Desember om 18:00, ‘n buitelug Kers-sangaand aan, op die terrein van die NG Kerk Parys-Wes.
Bring jou eie piekniekmandjie, drinkgoed, kampstoel of kombers. Daar gaan eers lekker piekniek gehou en gekuier word, en daarna word al die bekende en pragtige kersliedere saam met Francois en Elizabeth gesing.
Toegang is gratis en almal is welkom!
Vir navrae skakel die kerkkantoor by 056 811 5316

Related Articles

Back to top button