Photo GalleriesSport

Kano waterpolo eerste vir Parys

Kano waterpolo eerste vir Parys

’n Nasionale kano waterpolo keurings- en oefenkamp, een van net drie wat in ’n jaar gehou word, is vir die eerste keer ooit die afgelope week by die Likkewaan-kanoklub in Parys gehou, en loop Woensdag 5 Desember ten einde. Spelers vanoor die land woon die kamp by vir die kies van die o.19, 0.21 en senior spanne.
Vroeg 2019 sal daar ook ‘n oefenkamp in Pietermaritzburg en Knysna gehou word met die laaste keuring by die SA kampioenskappe wat in Maart in KwaZulu Natal gehou word.
Spelers wat gekeur word vir die 0.19 span sal onder meer in Augustus die geleentheid kry om Ierland toe te gaan, terwyl die o.19, o.21 en senior spanne vir die Afrika Spele in 2019, ook gekies moet word.


Abigail Bezuidenhout en Veronica Stoltz is die enigste twee Parysenaars wat die voorreg gehad het om die oefen- en keuringskamp te kon bywoon – Abigail vir die o.19 en 0.21 keuring, en Veronica vir die o.19 keuring.
Van die aspekte waarna die keurders onder meer kyk is balvaardighede, boot en spaanhantering, spelvaardighede, fiksheid en spoed. Kano Waterpolo is tans ‘n sport wat baie vinnig groei in Suid-Afrika en kan deur oud en jonk beoefen word.


Selfs Meester 45 jaar en ouer is welkom. Kom oefen saam by die Likkewaan-kanoklub Maandae en Donderdae vanaf 17:00.
Om hierdie groot geleentheid Parys toe te kon bring is daar vir vyf weke lank hard gewerk om die terrein voor te berei.
Jan Bezuidenhout was verantwoordelik vir al hierdie harde werk om die riete af te kap en plek te maak vir die polo-baan se uitlê. Dankie aan Fluid, een van die borge.
Deelnemers het reeds van Sondag af op die kanoklub-terrein gekamp.

Parysenaars kan gerus vanmiddag en more by die Likkewaan-kanoklub gaan kyk wat hierdie interessante sport behels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button