NewsNews

Staal aasvoëls sit droë bek en wag vir ‘scraps’

Staal aasvoëls sit droë bek en wag vir ‘scraps’

VANDERBIJLPARK. – ‘n Hele aantal “staal aasvoëls” het ewe droë bek gesit en wag vir oorskietstaal toe ‘n trok van JH Metals sy vrag verloor het en die manne van Vaal Auto Craft die toneel binne twee en ‘n half uur opgeruim het.

Die ongeluk het vanoggend, 30 November, ongeveer 10:00 op die kruising van Delfos boulevard en Hertz boulevard plaasgevind. Volgens die bestuurder van die trok het die staaldiewe reeds ‘n hele ent pad agter op die vragmotor gery en staal afgooi. By die kruising het hy na ArcelorMittal se kant ingedraai toe die vrag omval. Die kruising was vir bykans twee en ‘n half uur deur verkeersbeamptes beheer terwyl ‘n voorlaaier van ArcelorMittal en later twee voorlaaiers die staal opgelaai het en op ‘n tweede vragmotor gelaai het.

Dit, terwyl die staaldiewe soos aasvoëls langs die pad gesit en wag het vir ‘n stukkie yster. Na die groot klomp yster opgelaai is het hulle soos aasvoëls op die laaste boutjies, moertjies en klein stukkies yster toegeslaan.Die sleepwa is weer op sy wiele gebring en deur Vaal Auto Craft verwyder. Niemand het in die voorval seergekry nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button