NewsNews

Uitstaande ruiterkuns weer by vanjaar se Kers Saalperdskou verwag

Dié skou moet jy nie mis nie!

Al 420 stalle by die AfriDome is vol bespreek. En dit vir die jaarlikse Parys Kers Saalperdskouspel wat soos vorige ruiterkuns uit die boonste rakke beloof.
Die skou is volgende naweek,  6 to 8 Desember, by die Afridome in Allenbystaat., Parys.
Toegang kos R30 per persoon vir die Donderdag en Vrydag. Saterdag is die toegangsgeld R50 per persoon. Voertuie R20 per dag.
Die Bloemfonteinse Doedelsak-orkes sal die Saterdag tydens die etensuur optree, en naas die saalperde en ruiters wat vanoor die land kom, sal daar ten minste 40 Walliese ponies en nagenoeg 38 Hackney ponies deelneem.
Van die groot klasse wat jy beslis nie moet misloop op Saterdag 8 Desember nie, sluit in:
18:45 – Grootkampioen Enkeltuig
19:00 – Grootkampioen 3-Gang Kinderryperd
19:20 – Grootkampioen Siertuig
19:35 – Supreme Walliese Ponie Enkeltuig kampioenskap
19:45 – Grootkampioen Driegang
20:00 – Grootkampioen Siertuig Hackney Ponie
20:10 – Grootkampioen Vyfgang Kinderryperd
20:35 – Grootkampioen Vyfgang
Maak seker jy loop nie hierdie hoogtepunte mis nie.
Op die koop toe is daar naas die Kers Saalperdskou die  naweek van 6-8 Desember by die AfriDome, ook die FS/Madeira Flower Festival in Parys se hoofstraat, ‘n Bruidskou by Egweni River Lodge, en die Powerboat Festival by die Parys Golf & Country Estate.
Kom vroeg, bring jou hoed en sonskerm, en maak seker jy is die naweek van 6-8 Desember nêrens anders as in Parys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button