
Vir enige bruid is haar troudag ’n dag waaraan maande beplan en oor gedroom word. Omsoom met elegansie, styl, romantiek, blommeprag en onthou – van daardie eerste rok pas tot by die onthaal.
Volgende naweek is daar ’n gulde geleentheid vir enige toekomstige bruid om die heel nuutste style, idees en professionele diensverskaffers alles onder een dak te siene te kry by die Bruidskou by Egweni River Lodge in Van Collerstraat, Parys.
Die bruidskou kan besoek word op Saterdag 8 Desember van 10:00-17:00, en Sondag 9 Desember van 10:00 tot 13:00.
Van die uitstallers wat onder meer deel vorm van hierdie unieke als-in-een bruidskou, sluit in ontwerper Werner Dey, Rolene Photography, Litlle White Ribbon Photography, Duckpoint Venue, Chef Bosch, Klokfontein Wedding Venue, Making Faces, en vele meer.
Enige behoefte van die bruid word aangespreek – van rokke, tot grimering, fotograwe en “venues” om van te kies en te keur.
En omdat bruide en blomme bymekaar hoort soos Vinkel en Koljander, val dié Bruidskou saam met die FS/Madeira Flower Festival wat op 7 & 8 Desember in Parys te siene sal wees.
Met sy 1km lange kleurvolle vlotoptog en karnaval met ewe kleurvolle dansers en reuse groot karakters, is Parys die dorp om te wees vir ‘n unieke skouspel van meer as 200 000 blomme, en die mooi van bruidwees in al sy fasette.




