
‘n Geloftefeesdiens om Geloftedag op 16 Desember te herdenk sal weer op die plaas Roepersfontein gehou word.
Die eerste Gelofte byeenkoms op dié plaas van Jannie en Annet Jacobs was op 16 Desember 1996.
Dries Burger, voorsitter van die Roepersfontein Geloftefees, sê sedert 1996 is daar jaarliks verbeterings op die terrein aangebring en die komitee is geseënd met skenkings vir die bou van ’n saal, toilette, eers ’n klipstapel en toe later ’n klein monument met boom aanplantings.
Binne die saal is ook skenkings ontvang soos ’n ossewa, ou ploegtoerusting en ander oudhede om die saal te versier.
Hy sê die afgelope paar jaar se byeenkomste is bygewoon deur 180 tot 200 volksgenote.
‘n Vol program word jaarliks aangebied wat insluit ’n perdekommando en vlaghysing-seremonie. Verversings en middagete word ook gratis aangebied.
Jaarliks word advertensies by alle kerke uitgegee en groeteboodskappe word ontvang van ander Gelofte terreine wat op die dag voorgelees word.
Die program vir 2018 is:
08.30 • Skriflesing
09.00 • Perdekommando en vlag oorhandiging
• Vlaghysing-seremonie
• Kranslegging – Voortrekkers en Plaasmoorde
• Sing van volksliedjies
10.00 • Feesdiens – Henk Venter
11.15 • Feesrede – dr. Maryn Botha
Tema: Die rol van die ossewa in die
tyd van die Voortrekkers
• Afsluiting: Sing van die Stem (Die Stem is hierdie jaar 100 jaar oud).
12.00 • Besigtig die son straal/kol op die senotaaf – aan GOD al die eer
Middagete en samesyn daarna.
Stoele is beskikbaar, maar bring eie gemaklike kampstoel saam, hoed en sambreel.
Die pad na Roepersfontein: Ry N12 rigting na Johannesburg. Draai links by die afdraai na Frederickstad, volg die borde Geloftefees, grondpad vir 2 – 2,5km.
Vir enige navrae skakel Dries by 083 627 1177.




