NewsNews

Jou bloedbydrae is baie nodig

SANBS doen ‘n beroep op bloedskenkers om bloed te skenk in Parys hierdie Feesseisoen

 

Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik ʼn moeilike tydperk vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS), wie se doel is om genoeg, veilige bloed aan pasiënte in Suid-Afrika te voorsien.

Soos ons verder in die vakansietyd beweeg, weet ons dat ons nie aan die pasiënte se bloedbehoeftes sal kan voorsien nie. Daarom doen ons ʼn beroep op alle skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, om asseblief die tyd te neem om bloed te skenk, aangesien ons bloedvoorraad krisisvlakke nader.

Ons doel is om 5 dae se voorraad te handhaaf, deur 3 000 eenhede daagliks in te samel om aan die vereistes te voldoen. Ons vind dit tans moeilik, aangesien ons nie klinieke by skole en universiteite kan hou nie.

Hierdie is ʼn spesiale beroep op die publiek om 30 minute af te knyp om bloed te skenk.

Die minimum vereistes om ʼn bloedskenker te wees, is:

• Wees tussen die ouderdom van 16-65 jaar

• Weeg meer as 50kg

• Geniet goeie gesondheid

• Leef ʼn veilige seksuele leefstyl.

SANBS wil graag alle gereelde bloedskenkers bedank en aanmoedig om aan te hou om gereeld bloed te skenk.

Skenk bloed in Parys Dinsdag 11 Desember 2018 by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf

13:00 – 19:00. Help SANBS om 100 eenhede bloed in te samel wat meer as 300 lewens kan red hierdie Feesseisoen. Elke bloedskenker sal ‘n beperkte uitgawe Feesseisoen geskenk ontvang.

Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.sanbs.org.za of skakel tolvry 0800 11 90 31

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button