NewsNews

Diewe vas na maatskappy hulle naspoor

Diewe vas na maatskappy hulle naspoor

Vier mans is Vrydagaand 16 November omstreeks 21:00 in hegtenis geneem nadat hulle met ’n gesteelde kragopwekker betrap is.

Specialised Investigation Unit (S.I.U.), ’n maatskappy in Potchefstroom wat spesialiseer in onder meer die opsporing en terugbesorging van gesteelde goedere, het deur middel van ’n opsporingstoestel ’n gesteelde kragopwekker gemonitor en uiteindelik die diewe vasgetrek.
Lede van S.I.U het die misdadigers 15 tot 20km buite Potchefstroom op die Carletonville-pad voorgekeer.
Die gesteelde kragopwekker was agter op die bakkie. Ben Calitz van S.I.U. en sy personeel het die vier insittendes vasgetrek, geboei en die polisie ontbied. Hulle is op ‘n klag van diefstal in hegtenis geneem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button