Kom lag en deel in die pret van die Donkey Derby by die AfriDome op 30 November ten bate van die Kers-fondsinsameling vir Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-tak in Parys.
Die pret begin om 19:00. Die koste is R1 000 per tafel met 10 sitplekke (dus R100 per persoon). Daar sal vingerhappies op die tafels wees. Bring net jou eie drinkgoed saam, en kom kyk hoe die houtperde mekaar gaan laat les opsê op die baan.
Met van ‘n 50c, R2, of meer kan jy jou gunsteling perd aanmoedig. Maak seker jou plek is gereserveer!
Kry jou kaartjie sommer nou. Vir navrae skakel Gary by 082 378 2870, of by Derick by 082 856 3749.