Volgens Vincent Sharp, besturende-direkteur vir Hy-Line SA, het Koos Pretorius, voormalige besturende direkteur van Hy-Line SA, met sy aftrede die projek oorgeneem, en is daar sedert September 2017 gewerk om die projek in Parys gevestig te kry.
Koos is op Sondag 4 November in die ouderdom van 65 jaar skielik oorlede. ‘n Gedenkplaat is op 13 November op die perseel ter ere aan hom deur sy vrou Kate, en seun Chandré, onthul.
Koos was vir 10 jaar besturende direkteur van die Hy-Line SA filiaal.
Die besondere geleentheid is deur nagenoeg 90 gaste bygewoon wat van die begin af by die projek betrokke was, insluitend kliënte en kontrakteurs.
Naas die gedenkplaat-onthulling was daar ’n besigtigingstoer van die projek en ete vir die gaste.
Hy-Line se mede-direkteur van Frankryk en verteenwoordiger van die EW Group, Joël Audefray, asook dr. Ian Rubinoff van Hy-Line Internasionaal gebaseer in Noord-Amerika, was onder die eregaste.
Die Parys Hatchery sal teen 30 Desember vanjaar in produksie wees en sal dagoud lêhenne vir die mark regoor die land, maar ook vir die uitvoermark, lewer.
Parys is gekies weens die dorp se sentrale ligging.
Hy-Line behoort aan die EW Group.
Met die opening van die Parys Hatchery sal die Blue Hills Hatchery in Midrand sluit en skuif na Parys.
Heelwat plaaslike mense is opgelei om die projek hier gevestig te kry.